Wat ‘n rowwe week!  Die computer klasse hou mens besig met al die take wat mens huistoe bring.  Kids gaan haal by die skool en dan huiswerk help doen.  Ek kan julle een ding belowe, ek ruil dit vir niks nie.  Ek voel of ek weer ‘n doel in die lewe het.  Kyk, ek weet nie wat aangaan met my nie maar ek bly moeg, ek sl egter nie dat dit my onderkry nie.  As ek voel ek wil aan die slaap raak dan tackle ek maar die tuin.

 

Kan julle glo in die klein dorpie van ons kry mens nie regtig tuinwerkers nie.  Hulle werk vir 2 ure dan is dit of tandpyn, of die hand is seer, of dis maagpyn.  So ek probeer maar soveel as moontlik buite doen ook om darem my tuin in stand te hou.  Ek juggle maar al die take.  Dit hou my egter besig en uit die kak uit.  Ek sien so uit na die week, manlief is van Woensdag middag op sy off-cycle vir 4 dae.  En ek glo dit sal ‘n wonderlike 4 dae wees.   Sal maar sien hoe gaan ek hubby bederf, hy doen soveel vir sy gesin en ons waardeer elke klein dingetjie.  In ruil probeer ek maar elke aand vir hom ‘n lekker maaltyd voorsit, maar ek moet bieg, kosmaak is nie my sterk punt nie.  Dis n’n marteling vir my.  Jare gelede, net toe ek en manlief in ons eerste huisie intrek en ek vir die eerste keer moes kosmaak, het manlief dit probeer afwurg maar nie geslaag nie.  Ons het dit probeer uitkrap vir die honde, maar die wou dit nie eers eet nie.  Eish.

Wag, laat ek die kids entertain, want as hulle nog eenkeer vra wanneer is Mammie klaar, gaan ek ‘n otter kraam.  Sjoe, dis moeilik om net ‘n tydjie vir jouself af te knyp.

 

Toodles

Om als te juggle

Vrou en Mamma

Het jy al gevoel jy is nie opgewasse vir die taak as Vrou en Moeder nie?  Kry die daaglikse take van huisskoonmaak jou onder?  Dis tog so boring en dis die selfde ding oor en oor.  Daarna is dit die kids gaan haal, kossies gee en huiswerk doen saam met hulle.  Atleast verander die huiswerk van dag tot dag.  

Wat eet ons vanaand.  Elke aand moet jy jou kop breek oor wat om vir die gesin te maak vir ete.  Jou kop is al suf gedink en as jy die gesinslede vra wat eet ons, is die antwoord altyd kos!  Jy voel minderwaardig omdat jy nie elke aand vindingryke resepte kan uitdink en n aantreklike bord kos kan voorsit nie.  Vir my voel dit soos n groot crime.  Ek is nie n vrou of ma se gat werd nie.  Is my man en kinders nie beter af sonder my nie?  Maar an die anderkant, ek het hulle eenmaal vantevore verloor en ek sal nie kan lewe as dit weer moet gebeur nie.

 

Dan maar elke dag aandurf al kasty jy jouself aanhoudend oor alles.

Computer klasse

Ja wel, sienende dat ek al standerd 8 uit die skool is (maar dis n ander dag se storie), neem ek nou computer klasse om darem iets agter my naam te he en iets te weet.  Die begin is actually vreeslik boring maar nou ja, ek moet die hele silabus doen.  En ek wed ek het daai woord verkeerd gespel.  Dis die fokkop as mens half afrikaans en half engels wil wees.  Ek skryf gou voor ek klas toe moet gaan want na klas sal ek nie tyd he nie.  Na klas is dit kiddies entertain en gaan ek in elk geval nie n beurt kry op die rekenaar nie. Teen manlief se tjail tuyd is dit die derde wereldoorlog.  een ding wat hy haat, en waaroor ons in die verlede uitmekaar was, is omdat ek die girls laat skool skip.  Wel, vandag was weer een van daardie dae, so ek glo ek gaan heelwat kak kry.  Dis egter nie hy wat in daardie smeekgesiggies moet vaskyk nie.  Ons sal maar sien.  Laat ek maar afsluit, my klas wag  Net n bietjie useless information, ek is 31 en doen nou eers iets.

Righto, dis sulke tyd.   Ek het besluit om te blog.  Ek ken nog nie die storie so lekker nie maar ek glo ek sal opvang.  Ek ly aan Bipolere gemoedsverteuring so my posts gaan hel deurmekaar wees.  Ek wil oor al my moods en gebeure (ervarings) skryf sodat ek dit uit my sisteem kan kry.  Al is dit hoe deurmekaar.

Tot volgende keer ….