Tyd

It’s been a while.  Ek het lanklaas hier kom afblaas.  Soveel het al in die afgelope tyd gebeur.  Ek sit al 8 maande in hierdie land terwyl my man en kinders oorsee is.  Ek kan een ding se, dis kak moeilik so alleen.  Ek lewe geniune nou soos n kluisenaar.  Daar is dae wat ek vir 3 tot 4 dae nie eers die buitelug sien nie, ek kom nie eers uit die huis uit nie.  Dis rerig moeilik en soms wonder ek hoe kry die “army-wives” dit reg.  Foon oproepe en video calls is net nie dieselfde nie en mens mis soveel van jou kinders (en man) se lewens.  Dis actually hartseer.  Soms wil ek selfsugtig raak en vereis dat hulle terugkom maar daar is n beter toekoms vir hulle daar waar hulle nou is en ek moet net bly glo dat als op die einde sal goed uitwerk en dat die separation tydelik is.

Kry mens nog in vandag se dae iets soos penpals? Of sal ek se emailpals? Dalk moet ek so iets probeer?  Ek weet regtig nie meer wat om te doen om die hartseer te verlig nie

Advertisements

DIE WIEL DRAAI

Ek het baie foute gemaak in my verlede.  Dit sluit in om my man te los en groener weivelde te gaan soek.  Ek het hom seergemaak, hom op sy kniee gehad, en nou het die wiel gedraai.  Dalk is ek net neuroties maar ek het agtergekom hy lieg vir my oor n vrou wat polise aan hom verkoop.  Ek probeer hom glo maar ek kan nie, ek voel of my hele wereld inmekaar tuimel.  Hoe moet ek maak?  Ek weet ek moet hom vertrou, maar dan ook weer, ek moes geweet het my dag gaan ook kom!

Nou weet ek hoe het hy gevoel met al die onsekerheid, al die seerkry, al die hartseer.  Dalk is ek net te oorgevoelig en is dit nie so groot issue nie.  Hy het tog net gelieg oor of hy n polis by haar geneem het, dis al.  HOEKOM dan al die onsekerheid?  HOEKOM dan die swaar gevoel in my hart.  HOEKOM, HOEKOM, HOEKOM??????

PRODUKTIWITEIT

Elke dag as manlief by die huis kom hoor ek dit: “Wat het jy vandag gedoen wat produktief was?”.  En telkens is die antwoord: “Niks”.  So raak die speletjie toe baie irriterend.  Ek besluit toe om ‘n verandering aan die speletjie te maak.  Die donderdag besluit ek om iets te doen.  Ek gryp gordyne en was en droog en toe kom die groot gordyne hang.  Ek skuif die stoel tot teen die kombuis toonbank om op te klim.  hang gordyne op en als.  Siedaar, dit lyk mos nou baie mooi met die nuwe lintjies en nog meer.  Righto, nou moet ons van die kas af.  Ek trap af op die stoel om af te klim, en daar trek ek en die stoel.  Slim ekke het te na aan die rand getrap en toe besluit die stoel om te tiep.  Okay, dis okay, ek sal lewe.  Ek hang die res van die gordyne in pyn op en gaan le toe op die bank.  Ek sal maar more weer produktief wees.  So gese , so gedaan.  Ek slaap daai aand baie gaga en probeer maar die pyn onderdruk.  Vrydag oggend staan ek op en probeer weer.  Ek maak die eetkamer mooi met nuwe plekmaatjies en blommetjies en al dies meer.  Die aand besluit ek ek gaan nog ouliker wees en vir die girls doughnuts maak.  Die eerste doughnut wat ek maak druk ek perongeluk my vinger in die kokende olie.  Die doughnat makery word net daar gestaak en ek kreppeer van die pyn.  Dis in elk geval bed tyd, kom ons los maar tot more dan probeer ons weer.  Ek slaap toe maar weer gaga.  JOh, okay, kom ons kyk nou maar Saterdag wat kan ek doen.  Ek het vir 3 jaar nog nie een miraine gehad nie maar soos die duiwel dit mos wil he, staan ek Saterdag oggend met n migraine op.  Ek dog ek gaan dood.  Sondag is ons toe heel rustig.  So gaan manlief en die kids toe weer Maandag oggend uit werk toe en skool toe.  Kom huistoe kom tyd, wag ek heel tevrede weer buite vir manlief.  Toe hy uitklim en my groet, toe kom daai woorde weer!!!!!!!!!!!!!  Wat het jy vandag produktiefs gedoen?  Ek dog ek ontplof net daar!!!!!!!!!!!

HOOPVOL

Vandag is ek hoopvol, hoopvol dat ek vandag met lewenslus kan aanpak.  Dat ek sal lag en die dag sal geniet.  Gister was ek soooo nie lus om by vriende om te gaan nie maar manlief het my eventually oorreed.  Ek het gese ek sal gaan maar ons bly net 20 minute.  Op die ou einde het ek myself geniet en ons was seker n uur daar.  So dalk kan ek vandag myself oorreed om die beste van vandag te maak.  Dis vrydag, dis naweek, dis tyd om te smile en wave.  Dalk gun ek my huismense om die naweek nie so sad en ongelukkig te wees nie.  Sien, ek weet ek maak dit moeilik vir hulle ook as ek nerens heen wil gaan nie, en daardie wete hits my self-hatred aan, jy weet, daai bose kringloop.  Vandag het ek my voorgeneem om te probeer.  Hard te probeer.

Ek is seker maar n idioot, maar ek wil altyd alleen gelos word, maar dan voel ek so alleen op hierdie planeet, dis eintlik simpel as mens so na dit sit en luiser.Een positiewe ding wat my wel maak smile is die reen wat ons so nodig gehad het, het gekom en my gras en plante floreer nou.  Dis vir my so wonderlik om elke dag te sien hoe die gras groei en groener word.

 

A FEW HOURS LATER …  …  …

Ja en toe is al daai goeie intensies in die drein af.  Het alweer als opgefok.  Plein afrikaans.  Daai (lus vir niks) gevoel het alweer toe nou sy kop uitgesteek.  So much for making it a good one.  Ja nee kyk.  Ek gee maar moed op…

To be continued … … … …

 

 

Hoe wat waar

Dit voel soos jare terug wat ek laas geskryf het.  Soveel het al intussen tyd met my gebeur, maar die een ding wat nooit verander nie is die moods.  Ek vind dat ek deesdae weer besig is met n downwards spiral.  Ek het soveel dinge om te doen in die huis maar ek het nie die lus nie.  My pille is sowat 3 maande terug aangepas en vir n wyle het dit super gegaan.  Ek wonder soms of ek nie dalk myself so depressief maak nie.  Al waarvoor ek lus het is slaap, slaap, slaap!

Mense, hoe kry mens weer jou lewenslus terug?  Ek drink my aandpille gereeld maar die oggendpille skip ek meeste van die tyd.  Kan dit, dit wees?So tussen die kids en man wegsien ens, is my oggende maar dol en so vergeet ek meeste van die tyd om my pille te drink.

My ouers, (hulle het eers in Bela Bela gebly), het nou hierheen getrek maar ek gaan nie eers na hulle toe nie.  My ma kom maar so dan en wan in die oggende hierheen.  Party oggende wens ek sy kom nie.  somtyds as enige iemand my bel sal ek glad nie my foon antwoord nie en om whatsapps te vermy los ek my foon in my bakkie.  So gepraat van my bakkie.  Ek het haar n naam gegee.  Willemien.  Sy is my Willemien.  Sal nou loer of ek n foto op my foon het en dit deel.

As ek so luister na al die teespoed en hartseer wat sommige van my familie en vriende het, besef ek hoeveel ek het om voor dankbaar te wees maar dit lig nie my bui nie.  Ek besef dat ek n fokken goeie man het as ek so luister na wat ander mans doen.  Ek weet ek is blessed in baie ways maar nie eers dit gee my weer daai spark nie.

Deel asb op watter meds julle is en of dit werk vir julle want ek weet nie meer of ek eerder op ander pille moet gaan as om elke keer die gram net op te stoot

 

Sex

Dis nogal ‘n ruk terug wat ek laas gevoel het om iets te skryf maar nou het ek ‘n behoefte om net bietjie af te blaas.  Die probleem is vandat ek nou voor my laptop kom sit het, het ek nie ‘n idee oor wat ek wil skryf, hoe of waar om te begin, of watookal.

Ek het ‘n afspraak vir Oktober om weer my kopdokter te gaan sien.  Ek het vir ‘n hele ruk goed aangegaan maar nou is dit asof my afdae meer word.  Een goeie ding is dat ek nou al vir die afgelope week heel normaal voel.  Ek vat elke dag nogal goed aan.  My ouers was hier by my vir ‘n week, alhoewel my ma die meeste van die tyd siek was.  Op dit het my man ‘n jagnaweek ook gehad en ek het gedog dit gaan my weer depressed laat voel omdat ek alleen tuisbly met die 2 girls.  Snaaks, ek het dit oorleef en nogal nie met te veel probleme nie.  Al wat my verskriklik onderkry is my en manlief se sekslewe.  Dis asof my lus heeltemal geblus is.  As hy een maal per maand ietsie kry is dit baie.  Ek wil dit nie so he nie en dis sooos n bose kringloop want ek kasty myself oor my sexdrive maar ek kry dit net nie reg om lus te raak nie.  My man doen sooo baie vir my en verwag net dat ek my vroulike plig doen dan kan ek myself nie eers sover bring om dit te doen nie.  Ai ek kan net nie wen nie.

Goeie nuus is darem dat ek n nuwe ryding gekry het.  Early birthday gift.  Ek kan nie wag dat ek hom kan gaan haal nie.  Hy word nou nog eers gepimp.  Dis mos hoe my girls dit noem.  In my woorde is dit net hy kry mags, bullbar en al daai jazz op.  Kyk, maak nie n fout nie, ek dank die Here elke dag dat ek weer terug kan wees in my man se lewe.  Ek waardeer hom baie.  Hy verstaan my en probeer my bystaan deur al my wipplank emosies.  Hy sorg dat ek gelukkig is en gee om oor my.  Dinge wat ek amper vir goed verloor het.  Ek sal dooi as ek weer my man moet verloor.  Wat kan ek doen om in die mood te kom?  Ek sal drasties plan moet maak.  Wag ek afklim van die laptop af en gaan dink wat ek kan doen.

Lekker om weer te kon gesels al is dit hoe deurmekaar

Tot weersiens

Babatjie

Ek voel goed genoeg om weer n woordjie of twee te skryf. Ek was heeltemal af vir n rukkie. Ek probeer nou om te dink aan al die seeninge wat ek het.  Ek is nou wel nie n dokter nie en weet nie of so iets moontlik is nie maar dit voel of my bipolar erger word. Sal maar n afspraak reel met my dokter. Sien julle een van dir dae as ek meer sense kan skryf